Obadiah 1:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En verlossers sal op die berg Sion opklim om die berg Esau te oordeel; en die koninkryk sal aan die HERE behoort.
Afrikaans (NLV) 2011
Die bevryders van Jerusalem sal na die Sionsberg toe gaan en oor die bergland Edom regeer. Die Here sal Koning wees!”
Afrikaans 1933/1953
Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.
Afrikaans 1983
Die bevrydes op Sionsberg sal optrek om oor die bergland van Esau te regeer, en die heerskappy sal aan die Here behoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Verlossers sal dan na die berg Sion opgaan om oor die bergland van Esau te regeer; en die koningskap sal aan die Here behoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat vir Sionsberg vrygemaak het, sal gaan om oor die Esau-berge te regeer, en die Here self sal die Koning wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dié wat Jerusalem bevry het, sal by die tempel op Sion bymekaarkom om oor Edom te besluit. En die Here sal oor hulle regeer.