Obadiah 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die trotsheid van jou hart het jou bedrieg, jy wat in die rotskloven woon, wie se woning hoog is; wat in sy hart sê: Wie sal my op die grond laat neerdaal?
Afrikaans (NLV) 2011
Jy is hooghartig omdat jy in ’n klipvesting woon en jou blyplek hoog in die berge is. Vol hoogmoed vra jy: ‘Wie sal ons ooit hierbo kan bereik?’ Maar moenie jouself bedrieg nie!
Afrikaans 1933/1953
Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly, en in jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp?
Afrikaans 1983
Jy is deur jou vermetelheid mislei, jy wat daar in die klipskeure sit, wie se woonplek hoog in die berge is, jy wat dink: wie sal my hier afkry grond toe?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die verwaandheid van jou hart bedrieg jou, jy wat tuis is in die rotsskeure van jou hoë woonplek, wat in jou hart sê, Wie sal my afbring aarde toe?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle het gedink julle is veilig, maar julle het 'n fout gemaak. Julle woon hoog in die berge tussen die rotse en julle dink niemand kan julle afbring ondertoe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy woon hoog in die berge waar jy veilig tussen die rotse is. Jy het egter in jou hart ook hoogmoedig geraak en jouself ’n rat voor die oë gedraai. Jy het jou wysgemaak dat niemand jou van daar sal kan afbring ondertoe nie.