Obadiah 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al sou jy jou verhef soos 'n arend en al sou jy jou nes tussen die sterre sit, Ek sal jou daarvandaan afbring, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek, die Here, sê: Al sweef jy so hoog soos arende en bou jy neste tussen die sterre, Ek sal jou met ’n slag aarde toe bring.
Afrikaans 1933/1953
Al woon jy so hoog soos die arend en al was jou nes tussen die sterre gestel -- daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.
Afrikaans 1983
Al bou jy daar in die hoogte soos 'n aasvoël, al sit jy jou nes tussen die sterre, Ek sal jou daar afhaal, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al sou jy jou nes so hoog maak soos dié van 'n arend, selfs al sou jy tussen die sterre nes maak, van daar af sal Ek jou afbring,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Ek sal julle afbring, ook wanneer julle soos 'n aasvoël teen die hoogste berge gaan woon, of wanneer julle vir julle 'n stad tussen die sterre bou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die Here sê vir jou: Al bou jy jou nes so hoog bo in die berge soos ’n arend, selfs al gaan bly jy daar bo tussen die sterre, Ek sal jou daar gaan afhaal.