Obadiah 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As diewe na jou toe gekom het, as rowers snags, (hoe word jy uitgeroei!) sou hulle nie gesteel het totdat hulle genoeg gehad het nie? as die druiwesakkers na jou toe kom, sou hulle dan nie druiwe agterlaat nie?
Afrikaans (NLV) 2011
As diewe in die nag inbreek, vat hulle nie alles nie. Die mense wat druiwe pluk, los van die trossies oor. Maar jou vyande sal jou heeltemal uitwis!
Afrikaans 1933/1953
As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het -- hoe is jy vernietig! -- sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het, sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?
Afrikaans 1983
As diewe of rowers in die nag na jou toe kom, sou jy nie bly stilsit nie, al steel hulle net tot hulle genoeg het; as ander jou wingerd kom afoes, sou hulle van die druiwetrosse laat agterbly;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Was dit maar diewe wat na jou toe gekom het, was dit maar diewe in die nag! Hulle steel darem net tot hulle genoeg het. Hoe word jy vernietig! Was dit maar druiweplukkers wat na jou toe gekom het! Hulle laat darem natrossies agter.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer diewe in die nag julle goed kom steel, dan steel hulle totdat hulle genoeg het en dan hou hulle op. Wanneer ander mense julle druiwe kom pluk, dan laat hulle party druiwetrosse oorbly. Maar die vyande sal niks van julle laat oorbly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Diewe en rowers wat in die nag kom steel, vat nie alles nie. Mense wat druiwe pluk, laat die klein trossies oorbly. Maar jou vyand sal niks vir jou laat oorbly nie.