Obadiah 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al die manne van jou bond het jou tot by die grens gebring; die manne wat met jou vrede gehad het, het jou bedrieg en jou oorwin; die wat jou brood eet, het 'n wond onder jou gelê; daar is geen verstand in hom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Al jou bondgenote sal teen jou draai. Hulle sal help om jou uit jou eie land te verjaag. Hulle maak beloftes van vrede terwyl hulle jou ondergang beplan. Mense wat van jou afhanklik was, sal vir jou ’n lokval stel sonder dat jy enigiets vermoed.”
Afrikaans 1933/1953
Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê 'n strik onder jou as jou brood. Daar is geen verstand in hom nie!
Afrikaans 1983
Al jou eie bondgenote sal jou oor jou grense jaag en jou in die steek laat. Jou eie vriende sal jou oorrompel, mense vir wie jy kos gegee het, sal vir jou strikke stel waar jy dit nie verwag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Almal met wie jy 'n verbond gesluit het, stuur jou terug tot by die landsgrens. Hulle het jou bedrieg, jou uitoorlê, daardie mense met wie jy 'n vredesooreenkoms het. Hulle wat saam met jou geëet het, laat 'n vreemde jou plek inneem. Daar is nie meer raad in Edom oor nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle sal julle wegjaag uit julle land. Julle eie vriende het 'n ooreenkoms gemaak met julle, maar hulle sal vir julle wag langs die pad en hulle sal julle aanval. Julle het vir hulle kos gegee, maar hulle sal julle aanval op 'n plek waar julle dit nie verwag nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Almal met wie jy ’n ooreenkoms gehad het om jou te help sal jou van hulle af wegjaag. Almal met wie jy ’n ooreenkoms gehad het dat julle mekaar nie sal aanval nie, sal jou bedrieg en jou in die rug steek. Mense saam met wie jy geëet het, sal vir jou ’n strik stel. Jy sal dit nie eens agterkom nie.