Obadiah 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sal Ek nie in dié dag, spreek die HERE, die wyse manne uit Edom en die verstand uit die berg Esau uitroei nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Die dag as dit gebeur, sal daar nie meer ’n enkele verstandige mens in die hele Edom oor wees nie! Ek sal al die slim en verstandige mense uitwis in die berggebiede van Edom.
Afrikaans 1933/1953
Sal Ek nie in die dag, spreek die HERE, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?
Afrikaans 1983
Dit is wat daardie dag sal gebeur, sê die Here. Ek sal die wyse mense uitroei uit Edom, Ek sal die slim mense uitroei uit die bergland van Esau.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Sal Ek nie op daardie dag,” is die uitspraak van die Here, “wyse manne uit Edom laat verdwyn en raadgewers uit die bergland van Esau nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het ook gesê: “Die mense in die land Edom, in die Esau-berge, dink hulle is baie slim, maar daardie dag sal Ek hulle doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op daardie dag, sê die Here, sal Ek Edom se slim mense by hom wegvat. Ek sal dié wat kennis het uit Edom se berge laat verdwyn.