Philemon 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek smeek jou vir my seun Onesimus, wat ek in my boeie verwek het:
Afrikaans (NLV) 2011
Ek pleit by jou vir my kind Onesimus. Ek het hom hier in die tronk tot bekering gelei.
Afrikaans 1933/1953
pleit by jou vir my kind, On,simus, wat ek verwek het in my boeie,
Afrikaans 1983
Ek doen 'n beroep op jou in belang van my kind Onesimus. Hier in die gevangenis het ek sy geestelike vader geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek pleit by jou vir my geestelike kind, Onesimus, wat ek tydens my gevangenskap verwek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek vra vir jou mooi om vir Onesimus te help. Hy is soos my eie kind, want terwyl ek in die tronk was, het ek vir hom soos 'n pa geword toe ek vir hom die goeie boodskap van Christus Jesus gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My versoek gaan oor Onesimus, my kind in die geloof. Hier in die tronk het ek sy pa in die Here geword toe hy tot bekering gekom het.