Philemon 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat ek by my sou behou het, sodat hy my in die boeie van die evangelie kon bedien het.
Afrikaans (NLV) 2011
Eintlik sou ek, terwyl ek in boeie is omdat ek die Goeie Nuus verkondig, hom graag hier by my wou hou sodat hy my namens jou kan help.
Afrikaans 1933/1953
Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie van die evangelie in jou plek kan dien.
Afrikaans 1983
Wat my betref, ek sou hom graag by my wou hou, sodat hy my in jou plek kan dien terwyl ek ter wille van die evangelie 'n gevangene is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wou hom graag by my hou, sodat hy my in jou plek kon dien, terwyl ek ter wille van die evangelie in boeie is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek wou hom by my hou sodat hy vir my kon help. Jy kan nie vir my help nie, want ek is in die tronk omdat ek vir mense die goeie boodskap gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sou Onesimus bitter graag hier by my wou hou. As hy hier gebly het, kon hy my in jou plek bygestaan het. Want, soos jy weet, gaan my sendingwerk voort selfs terwyl ek ter wille van die evangelie in die tronk is.