Philemon 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar sonder u verstand sou ek niks doen nie; dat u voordeel nie as 't ware uit nood sou wees nie, maar gewillig.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek wou egter eers met jou daaroor praat sodat die goeie dinge wat jy doen, nie afgedwing word nie, maar vrywillig kan wees.
Afrikaans 1933/1953
Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.
Afrikaans 1983
Maar ek wou niks sonder jou instemming doen nie, sodat jou weldaad nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar sonder jou instemming wou ek niks doen nie, sodat jy jou goeie daad nie uit dwang nie, maar vrywillig sal doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar ek wou niks doen nie, ek wou weet dat jy ook dink dit is reg. Dan kon jy 'n goeie ding doen, nie omdat iemand gesê het jy moet dit doen nie, maar omdat jy self lus was om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar ek wou hom nie sonder jou toestemming hier hou nie. As ek Onesimus hier gehou het, sou jy verplig gewees het om dit so te aanvaar, maar dan sou ek nie reg opgetree het nie. Jy moet self daaroor besluit.