Philemon 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nie nou as 'n dienskneg nie, maar bo 'n dienskneg, 'n geliefde broeder, veral vir my, maar hoeveel te meer vir jou in die vlees sowel as in die Here?
Afrikaans (NLV) 2011
nie langer as ’n slaaf nie, nee, méér as ’n slaaf, as ’n geliefde broer! Dis wat hy veral vir my beteken; hoeveel te meer sal hy as mens én as Christen, dit nie vir jou beteken nie!
Afrikaans 1933/1953
nie meer as 'n slaaf nie, maar m,,r as 'n slaaf, as 'n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.
Afrikaans 1983
nou nie langer net as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf: as 'n geliefde broer. Dit is hy besonderlik vir my; hoeveel te meer sal hy dit dan nie vir jou wees nie, as mens en as broer in die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
nie langer as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf, as 'n geliefde broer – in die besonder vir my, hoeveel te meer dan vir jou – liggaamlik, sowel as in die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En nou kry jy hom terug, en hy is nie meer 'n slaaf nie, hy is nou iemand wat meer is as 'n slaaf. Ja, hy is 'n vriend, ek is baie lief vir hom. Maar jy is baie meer lief vir hom, want hy is nog jou slaaf en hy behoort nou ook aan die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nie meer as ’n slaaf nie. Nee, hy is nou baie meer as dit. Jy kry Onesimus nou terug as jou broer in die Here; as iemand vir wie jy baie lief moet wees. Onesimus was ’n wonderlike broer vir my terwyl hy saam met my in die tronk was; hoeveel te meer sal hy dit nie vir jou wees nie. Jy kry nou ’n splinternuwe mens en ’n broer in die Here terug.