Philemon 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek, Paulus, het dit met my eie hand geskrywe, ek sal dit vergelde; al sê ek nie vir jou hoe jy ook jou eie aan my verskuldig is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek, Paulus, skryf hier met my eie hand: “Ek sal betaal.” Ek hoef nie te noem dat jy my eintlik jou lewe skuld nie!
Afrikaans 1933/1953
ek, Paulus, het dit met my eie hand geskrywe: ek sal betaal -- om nie te sê jou rekening nie, want jy is daarby jou eie persoon ook aan my verskuldig.
Afrikaans 1983
Hier skryf ek, Paulus, met my eie hand: “Ek sal betaal.” Ek hoef jou natuurlik nie daaraan te herinner dat wat jy is, jy aan my te danke het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En dan praat ek nie eers daarvan dat jy jouself aan my verskuldig is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek, Paulus, skryf nou met my eie hand: Ek belowe dat ek alles sal terugbetaal wat jy verloor het. Maar jy moet onthou dat jy vir my ook iets skuld, jy is 'n gelowige omdat ek die goeie boodskap vir jou gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom skryf ek, Paulus, hier groot en duidelik: “EK SAL ALLES BETAAL.” Terloops, voordat jy rekenings begin uitskryf, ek hoef jou seker nie te herinner aan wat jy my nog alles skuld nie, of hoe? Jy is jou ganse nuwe lewe as gelowige aan my verskuldig.