Philemon 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, broer, laat my oor jou bly wees in die Here; verkwik my ingewande in die Here.
Afrikaans (NLV) 2011
Asseblief, broer, bewys aan my hierdie guns omdat ons aan die Here verbonde is. Verkwik my hart omdat jy ’n Christen is.
Afrikaans 1933/1953
Ja, broeder, mag ek tog van jou voordeel trek in die Here! Verkwik my hart in die Here.
Afrikaans 1983
Ja, broer, in die Naam van die Here, bewys my hierdie guns. Maak my hart bly, soos 'n broer in Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, broer, mag ek tog in die Here van jou hierdie voordeel geniet; verkwik my hart in Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, my vriend, jy moet dit asseblief vir my doen omdat jy ook aan die Here behoort, jy moet my bly maak omdat jy ook aan Christus behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe broer in die Here, bewys my tog hierdie groot guns. Neem Onesimus met oop arms terug. Ek vra dit nie ter wille van myself nie, maar ter wille van die saak van die Here. As jy dit doen, sal my hart oorloop van vreugde as jou broer in Christus.