Philemon 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Met vertroue in u gehoorsaamheid het ek aan u geskryf, omdat ek weet dat u ook meer sal doen as wat ek sê.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek skryf aan jou in die vertroue dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet dat jy selfs méér as dit sal doen.
Afrikaans 1933/1953
In vertroue op jou gehoorsaamheid het ek aan jou geskrywe, omdat ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek sê.
Afrikaans 1983
Ek skryf aan jou in die vertroue dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet ook dat jy selfs meer as dit sal doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Met volle vertroue in jou gehoorsaamheid skryf ek vir jou, in die wete dat jy selfs meer sal doen as wat ek vra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek skryf vir jou omdat ek seker is dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet dat jy meer sal doen as wat ek vir jou vra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Filemon, ek vertrou jy sal doen wat ek jou vra; daarom dat ek hierdie brief aan jou skryf. Eintlik weet ek dat jy nog baie meer sal doen as wat ek van jou vra.