Philemon 1:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar berei ook vir my verblyf voor, want ek vertrou dat ek deur julle gebede aan julle gegee sal word.
Afrikaans (NLV) 2011
Terwyl ek nou vra, reël asseblief vir my verblyf, want ek hoop om danksy julle gebede vrygelaat te word.
Afrikaans 1933/1953
En berei tegelykertyd ook herberg vir my, want ek hoop dat ek op julle gebede aan julle sal geskenk word.
Afrikaans 1983
Hou sommer ook vir my huisvesting gereed, want ek hoop dat God, in antwoord op julle gebede, my aan julle sal teruggee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maak terselfdertyd ook die gastekamer vir my gereed, want ek verwag om deur julle gebede aan julle geskenk te word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek wil vir jou nog iets vra: Maak asseblief vir my 'n kamer gereed, want ek hoop en weet dat God my na julle toe sal laat teruggaan omdat julle vir my gebid het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy kan ook solank jou gastekamer vir my begin gereedmaak. Binnekort kom ek weer daar na julle toe. Julle bid mos lankal tot God dat ek vrygelaat word en weer na julle toe kom.