Philemon 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
sodat die boodskap van jou geloof effektief kan word deurdat jy elke goeie ding wat in jou is, in Christus Jesus erken.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek bid dat die geloof wat ons met mekaar deel, jou ’n diep insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.
Afrikaans 1933/1953
dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.
Afrikaans 1983
My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou 'n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek bid dat jou deelname aan die geloof daadkragtig mag wees, deur jou kennis van elke goeie saak wat daar onder ons is, tot eer van •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek bid dat mense wat nie glo nie, ook die goeie dinge sal leer ken wat Christus vir ons gegee het, vir ons wat aan Christus behoort. Dan sal hulle ook in Christus glo, soos jy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek bid dat jou verhouding met my as jou broer in die geloof jou nog meer sal laat besef watter goeie dinge God aan ons geskenk het. Dit is ons deel omdat ons in Christus glo.