Philemon 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ons het groot blydskap en vertroosting in u liefde, omdat die ingewande van die heiliges deur u verkwik word, broer.
Afrikaans (NLV) 2011
Broer, jou liefde het my bly gemaak en my bemoedig, omdat jy die harte van God se mense so dikwels verkwik het.
Afrikaans 1933/1953
Want ons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, die harte van die heiliges verkwik is.
Afrikaans 1983
Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy, broer, die harte van die gelowiges verkwik het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek is inderdaad baie bly en bemoedig oor jou liefde, broer, omdat die hart van die heiliges deur jou verkwik is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Liewe vriend, jou liefde vir mense het my baie bly gemaak en het my gehelp om nie moedeloos te word nie, want jy het die mense wat aan God behoort, weer bemoedig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe vriend, jou liefde vir ander Christene is vir my ’n riem onder die hart. Dit bring groot vreugde en troos vir my. Jy het al so baie beteken vir mense wat God dien.