Philemon 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ek smeek u om liefde ontwil liewer, omdat u so iemand is soos die bejaarde Paulus en nou ook 'n gevangene van Jesus Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Tog wil ek, Paulus, ’n ou man, en nou ook nog ’n gevangene ter wille van Christus Jesus, eerder ’n beroep op jou liefde doen.
Afrikaans 1933/1953
pleit ek liewer ter wille van die liefde. Ek, Paulus, as 'n ou man en nou ook 'n gevangene van Jesus Christus,
Afrikaans 1983
doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille van Christus Jesus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
rig ek, Paulus, op grond van die liefde eerder 'n versoek aan jou, juis omdat ek so 'n ou man is, en nou ook nog 'n gevangene ter wille van Christus Jesus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar jy glo ook in Christus, en ek is lief vir jou. Daarom wil ek vir jou mooi vra. Ek, Paulus, vra dit, ek wat 'n ou man is en wat in die tronk is omdat ek aan Christus Jesus behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Tog verkies ek om eerder by jou te pleit om na my versoek te luister omdat ons albei die Here liefhet. Ek, Paulus, doen dit as ’n ouer persoon wat jou respek waardig is, en ook as iemand wat boonop in die tronk is ter wille van Christus Jesus.