Philippians 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
word vervul met die vrugte van geregtigheid wat deur Jesus Christus is, tot eer en lof van God.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge van julle gehoorsaamheid aan die wil van God — goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word!
Afrikaans 1933/1953
vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.
Afrikaans 1983
en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
gevul met die vrug van •geregtigheid deur Jesus Christus tot verheerliking en lof van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, Jesus Christus sal julle help om baie goeie dinge te doen, en so sal julle vir almal wys dat julle God prys en dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus Christus sal julle help om reg te lewe. So sal mense aan julle kan sien hoe wonderlik God is. Dan sal hulle met opgewondenheid oor sy grootheid praat.