Philippians 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ek wil hê dat julle moet verstaan, broers, dat die dinge wat met my gebeur het, eerder tot die bevordering van die evangelie uitgeval het;
Afrikaans (NLV) 2011
Julle moet weet, broers en susters, dat dit wat met my gebeur het, gelei het tot bevordering van die Goeie Nuus.
Afrikaans 1933/1953
En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,
Afrikaans 1983
Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Broers, ek wil hê julle moet weet dat wat met my gebeur het, in werklikheid tot bevordering van die evangelie gelei het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vriende, ek wil hê julle moet weet dat al die dinge wat met my gebeur het, gehelp het dat meer mense die goeie boodskap hoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe vriende, ek wil julle graag iets vertel. Al die dinge wat so met my gebeur, lyk of dit sleg is, maar eintlik is dit goed. Hoekom is dit goed? Dit help die verkondiging van die evangelie aan.