Philippians 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat my bande in Christus openbaar word in die hele paleis en op al die ander plekke;
Afrikaans (NLV) 2011
Dit het vir almal hier, ook vir die soldate van die paleiswag, duidelik geword dat ek in die tronk is ter wille van Christus.
Afrikaans 1933/1953
sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander,
Afrikaans 1983
Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek 'n gevangene is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sodoende het dit by die hele pretorium en al die ander bekend geword dat ek ter wille van •Christus in gevangenskap verkeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want al die mense van die keiser wat my hier oppas en ook die ander mense weet nou dat ek 'n gevangene is omdat ek aan Christus behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nie net al die wagte in die paleis nie, maar ook al die ander mense sien duidelik dat ek hier in die tronk is net omdat ek ’n Christen is.