Philippians 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sommige verkondig Christus inderdaad selfs uit afguns en twis; en sommige ook van goeie wil:
Afrikaans (NLV) 2011
Daar is wel sommige wat dit doen omdat hulle jaloers is of iets teen my het, maar daar is ook ander wat Christus met goeie bedoelings bekendmaak.
Afrikaans 1933/1953
Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid:
Afrikaans 1983
Daar is wel party wat Christus verkondig omdat hulle jaloers op my is en iets teen my het, maar ander doen dit met opregte bedoelings.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sommige verkondig Christus wel uit jaloesie en twisgierigheid, ander egter uit goedgesindheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Party van die mense hier preek oor Christus omdat hulle jaloers is en daarvan hou om te stry. Maar ander mense preek oor Christus omdat hulle goed wil doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[15-17] Onder julle is daar party mense wat ook graag op die kansel klim. Hulle is egter jaloers op my en wil wys dat hulle beter as ek is. Hulle probeer dit vir my moeilik maak terwyl ek hier in die tronk is. Hulle wil net graag aandag trek en stel nie regtig in ander mense belang nie. Maar daar is gelukkig ook mense wat baie goed met my oor die weg kom. Hulle is lojaal teenoor my en het my lief. Hulle weet mos dat ek in die tronk is omdat die verspreiding van God se goeie nuus vir my baie, baie belangrik is.