Philippians 1:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ek is in die moeilikheid tussen twee en het 'n begeerte om weg te gaan en met Christus te wees; wat baie beter is:
Afrikaans (NLV) 2011
Ek is in ’n tweestryd. Aan die een kant verlang ek om te vertrek en bý Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste.
Afrikaans 1933/1953
Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;
Afrikaans 1983
Ek is in 'n tweestryd: ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek is in 'n tweestryd gewikkel: Aan die een kant verlang ek om heen te gaan en saam met Christus te wees. Dit is immers verreweg die beste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
maar ek wil graag sterf om by Christus te wees, want dit is die beste. En dit is vir my regtig baie moeilik om te kies of ek moet aanhou lewe en of ek moet sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek voel soos iemand wat in twee verdeel is. Aan die een kant wil ek graag by Christus wees. Wat kan nou beter en lekkerder wees as dit?