Philippians 1:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat julle blydskap vir my oorvloediger mag wees in Jesus Christus deurdat ek weer na julle toe kom.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan, wanneer ek weer by julle is, sal julle nog meer rede hê om dit wat Christus Jesus deur my gedoen het, te besing.
Afrikaans 1933/1953
sodat julle roem oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur my teenwoordigheid weer by julle.
Afrikaans 1983
As ek weer by julle kom, sal julle oorvloedige rede hê om Christus Jesus oor my te prys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sal julle trots op my, wanneer ek weer by julle is, in Christus Jesus nog meer kan toeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer ek weer by julle is, dan sal julle nie ophou om Christus Jesus te prys oor my nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek weet mos, as ek binnekort weer daar by julle aangestap kom, sal julle net nie uitgepraat kan raak oor wat Christus Jesus alles vir my gedoen het nie.