Philippians 1:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want aan julle is dit gegee ter wille van Christus, nie alleen om in Hom te glo nie, maar ook om ter wille van Hom te ly;
Afrikaans (NLV) 2011
Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly.
Afrikaans 1933/1953
omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,
Afrikaans 1983
God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is immers ter wille van Christus aan julle as gawe gegee om nie net in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God is goed vir julle, Hy laat julle glo in Christus, en meer nog, Hy laat julle ook swaarkry. Julle kry swaar omdat julle aan Christus behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom is dit nie te veel gevra om ter wille van Christus ook swaar te kry nie. Kyk maar na my. Ek is nie al een wat ter wille van Jesus swaarkry nie.