Philippians 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net soos dit vir my gepas is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart het; in soverre beide in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie, julle almal my genade deelagtig is.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is vanselfsprekend dat ek so oor julle almal voel omdat julle my na aan die hart lê. Julle almal deel saam met my in God se genade — wanneer ek in die tronk sit én wanneer ek die waarheid van die Goeie Nuus verdedig en bevestig.
Afrikaans 1933/1953
soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.
Afrikaans 1983
Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God my gee, sowel in my gevangenskap as in my verdediging van die evangelie en die bevestiging van die waarheid daarvan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is immers vir my reg om so oor julle almal te dink, omdat ek julle in my hart hou. Wat my gevangenskap, sowel as die verdediging en bevestiging van die evangelie betref, deel julle almal saam met my in die genade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is heeltemal reg dat ek so oor julle dink, want julle is lief vir my. Julle almal dink altyd aan my en julle weet hoe goed God vir my is terwyl ek nou 'n gevangene is en hier kan vertel dat die goeie boodskap reg en waar is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het rede om so oor julle almal te voel. Ek het nog altyd ’n baie besondere plekkie vir julle gehad. Julle was mos van die begin af aan my kant, soos nou nog steeds. Dit het vir julle nie saak gemaak of ek in die tronk gegooi is of soos ’n misdadiger in die hof moes veg en beledig is omdat ek vir mense van Jesus vertel het nie. God was egter deur dit alles goed vir my, en dit het julle die hele tyd saam met my ervaar.