Philippians 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want God is my getuigskrif, hoe baie ek verlang na julle almal in die ingewande van Jesus Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
God kan getuig hoe ek na julle almal verlang. Ek gee vir julle om met die liefdevolle deernis van Christus Jesus!
Afrikaans 1933/1953
Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus.
Afrikaans 1983
God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want God is my getuie hoe ek met die innigheid van Christus Jesus intens na julle almal verlang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God weet hoe baie ek na julle verlang. Hy weet ek is so lief vir julle soos Christus Jesus lief is vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek verlang baie na julle, gaan vra maar vir God self; Hy sal julle kan sê hoe baie ek verlang. Julle weet hoe baie Christus vir julle omgee. Nou ja, ek gee net soveel vir julle om.