Philippians 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As daar dan enige vertroosting in Christus is, as enige vertroosting van liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innerlike en barmhartigheid is,
Afrikaans (NLV) 2011
Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken!
Afrikaans 1933/1953
As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,
Afrikaans 1983
Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing —
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, as daar enige aansporing in •Christus is, as daar enige troos uit die liefde is, as daar enige gemeenskap van die Gees is, as daar enige innige meelewing en ontferming is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle behoort aan Christus en Hy maak julle geloof sterk. Julle is lief vir mekaar en julle help mekaar. Julle almal het die Heilige Gees in julle harte en daarom behoort julle aan mekaar. Julle is bekommerd oor mekaar en julle sorg vir mekaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As julle Christenskap vir julle enigiets beteken; as julle liefde vir mekaar julle deur moeilike tye gedra het; as die teenwoordigheid van die Gees enige verskil in julle lewe gemaak het; as julle weet wat dit beteken om iets vir mekaar te voel, ja, om vir mekaar om te gee, wil ek julle ’n groot guns vra.