Philippians 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat julle onberispelik en onskadelik kan wees, kinders van God, sonder teregwysing, te midde van 'n krom en verdraaide nasie, onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld;
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre
Afrikaans 1933/1953
sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,
Afrikaans 1983
Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sodat julle sonder blaam en onskuldig kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van 'n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal julle heeltemal reg lewe, julle sal niks verkeerd doen nie. Julle lewe nou tussen mense wat baie sleg is en wat sonde doen, maar julle moet God se kinders wees, julle moet reg lewe. Julle moet soos ligte wees wat in 'n donker wêreld skyn
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dan sal niemand julle kan beskuldig van agterbaksheid of verkeerde motiewe nie. Niemand sal oor julle as kinders van God kan kla nie - al bly julle tussen mense wat korrup en sonder gewete is.