Philippians 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hou die woord van die lewe voor; dat ek my kan verbly in die dag van Christus, dat ek nie tevergeefs gehardloop en nie tevergeefs gearbei het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei. Dan, wanneer Christus terugkom, sal ek tevrede wees dat ek nie verniet gejaag en geswoeg het nie.
Afrikaans 1933/1953
deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot 'n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.
Afrikaans 1983
deur die woord van die lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet geswoeg het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
deurdat julle vashou aan die woord van die lewe. Op hierdie manier sal julle op die dag van •Christus my rede tot roem wees, sodat ek nie vergeefs gehardloop of my vergeefs ingespan het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en julle moet vas glo in die boodskap wat die ware lewe gee vir mense. Dan sal ek trots kan wees op julle op die dag wanneer Christus kom, want ek sal weet dat my harde werk met julle geslaag het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Juis tussen hulle moet julle soos helder ligte in ’n donker wêreld skyn. Vir hierdie mense in die geestelike donker moet julle van Christus vertel sodat hulle ook die ware lewe kan kry. Hoe trots sal ek dan nie op julle wees wanneer Christus weer kom nie! Dit sal wys dat ek nie alles verniet gedoen en my tyd gemors het nie.