Philippians 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, en as ek geoffer word deur die offerande en diens van julle geloof, verheug ek my en is ek bly saam met julle almal.
Afrikaans (NLV) 2011
Selfs al word my lewe soos ’n drankoffer uitgegiet bo-op die offer van julle gelowige diens aan God, is ek bly daaroor en wil ek saam met julle almal bly wees daaroor.
Afrikaans 1933/1953
Maar al word ek as 'n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;
Afrikaans 1983
Julle geloof is 'n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar al word ek ook as •drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, en verbly ek my saam met julle almal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle geloof is 'n offer wat julle gee om God te dien. As ek moet sterf, dan sal my bloed wees soos 'n drank-offer wat iemand by julle offer uitgooi, maar ek sal bly wees daaroor. Ja, ek sal bly wees saam met julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Selfs al word ek nou doodgemaak, sal dit my ook nie pla nie, want ek het dan iets om vir God te gee. My dood kan só selfs vir julle help om God nog beter te dien.