Philippians 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ek het geen eensgesind nie, wat natuurlik vir jou toestand sal sorg nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek beskou Timoteus immers as die enigste persoon wat met ’n opregte gesindheid aan julle belange aandag sal gee.
Afrikaans 1933/1953
Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie;
Afrikaans 1983
Ek het trouens niemand met dieselfde gesindheid as hy en wat julle belange so opreg sal behartig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want ek het geen ander geesgenoot wat hom opreg oor julle omstandighede sal bekommer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het niemand anders wat soos Timoteus is nie. Hy sal julle graag help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek kan aan niemand anders dink wat soveel vir julle omgee as hy nie.