Philippians 2:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het hom dan des te versigtiger gestuur, sodat, wanneer julle hom weer sien, julle bly kan wees en ek minder bedroef kan wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek stuur hom dus sommer dadelik terug sodat julle, wanneer julle hom sien, bly kan wees en ek minder bekommerd.
Afrikaans 1933/1953
Ek het hom dus des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek minder bedroef kan wees.
Afrikaans 1983
Ek stuur hom dan nou ook so gou moontlik terug, sodat as julle hom weer sien, julle weer bly kan wees en ek minder besorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom stuur ek hom nog dringender terug, sodat julle hom kan sien en weer bly kan wees, en ek minder bekommerd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek stuur hom baie gou terug sodat julle hom self kan sien en weer bly kan wees. Dan sal ek minder bekommerd wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal hom so gou moontlik na julle toe terugstuur. Ek kan my nogal voorstel hoe bly julle gaan wees wanneer julle hom weer in lewende lywe sien. Vir my sal dit ook goed wees, want dan hoef ek my nie meer oor hom te bekommer nie.