Philippians 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat niks uit twis of ydelheid geskied nie; maar laat elkeen in nederigheid die ander beter ag as homself.
Afrikaans (NLV) 2011
Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself.
Afrikaans 1933/1953
Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
Afrikaans 1983
Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer julle iets doen, dan moet julle dit nie doen omdat julle selfsugtig is of omdat julle dink julle is baie belangrik nie. Julle moenie hoogmoedig wees nie, julle moet dink ander gelowiges is belangriker as julleself.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie. Wees liewer maar die minste sodat ander die meeste kan wees.