Philippians 2:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat hy vir die werk van Christus naby die dood was, nie aangaande sy lewe nie, om te voorsien in julle gebrek aan diens aan my.
Afrikaans (NLV) 2011
want vir die werk van Christus het hy by die dood omgedraai. Hy het sy lewe gewaag om my namens julle te help.
Afrikaans 1933/1953
Want ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en sy lewe gewaag om aan te vul wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.
Afrikaans 1983
want deur sy werk vir Christus het hy by die dood omgedraai. Hy het sy lewe gewaag om my die hulp te verleen wat julle self nie kon gee nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want deur sy werk vir Christus het hy na aan die dood gekom: Hy het sy lewe gewaag om, waar julle hulp aan my tekort geskiet het, dit aan te vul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het amper gesterf omdat hy vir Christus gewerk het. Epafroditos het geweet dit is gevaarlik, maar hy het my kom help, hy het gedoen wat julle nie kon doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy was nie bang om selfs sy lewe te waag om alles vir Jesus te doen wat hy kon nie. Hy was amper dood, en dit om vir my te doen wat julle nie kon nie omdat julle so ver is.