Philippians 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Moenie elkeen na sy eie dinge kyk nie, maar elkeen ook na die dinge van ander.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.
Afrikaans 1933/1953
Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.
Afrikaans 1983
Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
deur elkeen nie net na sy eie belange om te sien nie, maar ook na dié van ander.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moenie net aan julleself dink nie, julle moet ook aan die ander gelowiges dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink.