Philippians 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie,
Afrikaans 1933/1953
Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
Afrikaans 1983
Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy was dieselfde soos God, maar Hy het nie gedink dat Hy altyd moet aanhou om so belangrik soos God te wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus staan in status op gelyke voet met God. Hy was egter nie so vol van Homself dat Hy tot elke prys aan dié status wou vasklou nie.