Philippians 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy het geen aansien gemaak nie, en het die gestalte van 'n dienskneg aangeneem en aan mense gelyk geword.
Afrikaans (NLV) 2011
maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het,
Afrikaans 1933/1953
maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
Afrikaans 1983
maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar Hy het Homself daarvan leeggemaak, deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy in die vorm van 'n mens verskyn het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het Homself verneder en Hy het geword soos 'n slaaf, Hy het 'n mens geword soos ons. Toe Hy 'n mens geword het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe die tyd ryp was, het Hy die status en eer wat Hy gehad het eenkant toe geskuif. Hy het ’n mens tussen mense geword. Asof dit nie genoeg was nie, het Hy sommer ’n gewone mens geword wat op die oog af nie uitsonderlik gelyk het nie, ja, iemand van wie baie ander mense niks gedink het nie.