Philippians 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Hy in gedaante gevind is as 'n mens, het Hy Homself verneder en gehoorsaam geword tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Afrikaans (NLV) 2011
het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe!
Afrikaans 1933/1953
en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Afrikaans 1983
het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
het Hy Homself verneder, deurdat Hy gehoorsaam geword het tot die dood toe, ja, die dood aan die kruis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
het Hy Homself nog meer verneder, Hy was gehoorsaam en Hy het gesterf. Ja, Hy het aan die kruis gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As mens onder mense het Hy die pad van vernedering nog verder geloop. Dit sou Hom uiteindelik by die dood aan die kruis uitbring. Wat ’n vernedering! God het dit egter van Hom gevra en Hy het die pad van vernedering gehoorsaam enduit geloop.