Philippians 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom het God Hom ook tot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam.
Afrikaans 1933/1953
Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is,
Afrikaans 1983
Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en aan Hom die Naam geskenk wat bo elke naam is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom het God Hom belangrik gemaak, baie belangrik. En God het vir Hom 'n Naam gegee, die belangrikste van al die Name, die Naam “Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar God het Hom uit die diepte van vernedering gehaal en Hom die hoogste eer gegee wat God iemand kan gee. Nou is niks en niemand belangriker as Hy nie en niks en niemand kan ook belangriker as Hy wees nie. God self het so besluit.