Philippians 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat ons dan, almal wat volmaak is, so gesind wees: en as julle in iets anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak.
Afrikaans 1933/1953
Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.
Afrikaans 1983
Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink — God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat ons, wat geestelik volwasse is, so hieroor dink; maar as julle anders hieroor dink, sal God dit wel aan julle bekend maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons almal wat vas glo, moet so dink. As een van julle nie so dink nie, dan sal God vir julle help om reg te dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So behoort volwasse Christene oor dinge te dink. As party van julle op sekere punte van my verskil, laat God vir julle wys wat julle regtig moet dink.