Philippians 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Broeders, wees my navolgers, en let op die wat so wandel soos julle ons as voorbeeld het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ja, broers en susters, volg my voorbeeld en hou julle oë op die mense wat volgens ons voorbeeld lewe.
Afrikaans 1933/1953
Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.
Afrikaans 1983
Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Broers, volg dan my voorbeeld, en let op hulle wat so leef volgens die voorbeeld wat ons aan julle gestel het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vriende, julle moet lewe soos ek lewe en julle moet kyk hoe lewe die mense wat lewe soos ek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My broers en susters, doen wat ek gedoen het. Wees my navolgers. Terwyl ek nie daar is nie, moet julle die mense se voorbeeld volg wat die wedloop net soos ek hardloop. Dit is belangrik dat julle die regte mense volg.