Philippians 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(Want baie wandel, van wie ek julle dikwels gesê het, en nou selfs wenend vir julle sê dat hulle die vyande van die kruis van Christus is.
Afrikaans (NLV) 2011
Want — ek het julle al vroeër gesê, en met groot hartseer moet ek dit nou weer sê — daar is baie wie se lewe wys dat hulle vyande van die kruis van Christus is.
Afrikaans 1933/1953
Want baie -- van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê -- wandel as vyande van die kruis van Christus.
Afrikaans 1983
Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want baie, van wie ek dit dikwels vir julle gesê het, en nou weer in trane sê, leef as vyande van die kruis van •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het vir julle gesê en ek sê nou weer vir julle met trane in my oë: Daar is baie mense wat sê die kruis van Christus beteken niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het dit al baie vir julle gesê en dit maak my eintlik seer om dit weer te moet sê: daar is baie mense wat niks van Jesus hou en van wat Hy alles vir ons gedoen het nie.