Philippians 3:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie se einde die verderf is, wie se God hulle buik is, en wie se heerlikheid in hulle skande is, wat aan aardse dinge dink.)
Afrikaans (NLV) 2011
Ewige vernietiging is hulle uiteinde, liggaamlike behoeftes is hulle god en skandelike dinge is hulle trots. Al waaraan hulle dink, is aardse dinge.
Afrikaans 1933/1953
Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.
Afrikaans 1983
Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle einde is die verderf, die maag is hulle god, hulle eer is geleë in hulle skande – hulle wat aardse dinge bedink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daardie mense gaan hel toe. Hulle dink om te eet is die belangrikste ding in die lewe. Hulle is trots op die slegte dinge wat hulle doen. Hulle dink altyd aan die dinge van die wêreld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mense wat agter daardie klomp aanloop, gaan saam met hulle die afgrond afstort waar hulle vir ewig van God af weg sal wees. Hulle stel mos meer belang daarin om hulleself en hulle eie begeertes te dien as vir God. Hulle spog oor dinge waaroor ’n mens jou eintlik bloedrooi behoort te skaam. Aan God dink hulle nie eens nie, want al wat vir hulle waarde het, is aardse dinge.