Philippians 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Pasop vir honde, pasop vir bose werkers, pasop vir die beknoptheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Pas op vir daardie rondloperhonde, pas op vir daardie kwaaddoeners, pas op vir die mense van die versnydenis!
Afrikaans 1933/1953
Let op die honde; let op die slegte arbeiders; let op die versnyding.
Afrikaans 1983
Pas op vir daardie dwaalleraars; pas op vir daardie mense wat kwaad stig; pas op vir daardie betekenislose besnydenis!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waak teen die honde! Waak teen die kwaadstokers! Waak teen die afsnyding!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet oppas vir daardie slegte mense wat vir julle verkeerde dinge leer! Julle moet oppas vir daardie mense wat slegte dinge doen! Julle moet oppas vir daardie mense wat altyd almal wil besny!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wees baie versigtig vir daardie skelms wat maak asof hulle vir Jesus werk, maar eintlik net die teenoorgestelde doen. Kyk hoe sleg tree hulle op. Dit wys mos vir julle wat hulle ware gedaante is. Oppas, al waarin daardie mense belangstel, is om julle te dwing om Joodse gebruike na te kom, soos om julle te laat besny. Moenie julle daaraan steur nie.