Philippians 3:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ons wandel is in die hemel; vanwaar ons ook die Verlosser verwag, die Here Jesus Christus:
Afrikaans (NLV) 2011
Ons, daarteenoor, het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser.
Afrikaans 1933/1953
Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
Afrikaans 1983
Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons burgerskap is egter in die hemel, vanwaar ons as Verlosser die Here Jesus Christus verwag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar God wat in die hemel is, is ons Koning. En ons weet die Here Jesus Christus sal uit die hemel kom om ons te red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoe anders is ons nie! Wat vir ons saak maak, is die hemelse dinge. Daar lê ons ware vaderland. Uit daardie vaderland sal ons Redder kom. Uit die hemel verwag ons ons Here, Jesus Christus. Hy gaan ons swak menslike liggaam verander.