Philippians 3:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie sal ons veragtelike liggaam verander, sodat dit gevorm kan word soos sy verheerlikte liggaam, volgens die werking waardeur Hy in staat is om selfs alles aan Homself te onderwerp.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring.
Afrikaans 1933/1953
wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
Afrikaans 1983
Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy sal ons nederige liggaam verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam, deur die krag wat Hom in staat stel om alles aan Homself te onderwerp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy krag is groot, Hy regeer oor alles. Hy sal sy krag gebruik om ons wat swak is, te verander sodat ons soos Hy sal wees, Hy wat Koning is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy gaan ons liggaam nuut maak soos sy liggaam is na sy opstanding, verhewe en heerlik. Hy sal dit doen omdat Hy baie sterk is, want sy krag oortref alle ander krag. Wat Hy wil, dit kan Hy doen.