Philippians 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Op die agtste dag besny, uit die geslag van Israel, van die stam van Benjamin, 'n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, 'n Fariseër;
Afrikaans (NLV) 2011
Ek is op die agtste dag besny. Ek is ’n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin. ’n Egte Hebreër! As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe.
Afrikaans 1933/1953
Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, 'n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, 'n Fariseër;
Afrikaans 1983
ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek is besny op die agtste dag, afkomstig uit die volk Israel, uit die stam van Benjamin, 'n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, 'n •Fariseër,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My ouers het my laat besny toe ek ag dae oud was. Ek behoort aan die volk Israel, ek behoort aan die Benjamin-stam, ek is 'n ware Jood, en ek was 'n Fariseër wat alles gedoen het wat die wette sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
is ek op die agtste dag besny. Dan is ek ook nog deel van die room van die Israeliete: ek is ’n Benjaminiet. Ek is vlot in die Hebreeus wat in die godsdienstige byeenkomste van die Jode gebruik word, en nie elkeen kan dit sê nie. Ek was ook ’n lid van die party van die Fariseërs, ’n groep wat die Joodse wet stiptelik nakom.