Philippians 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat ywer betref, die vervolging van die gemeente; wat die geregtigheid aanraak wat in die wet is, onberispelik.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat wetsgehoorsaamheid betref as metode om my saak met God reg te maak, was ek onberispelik!
Afrikaans 1933/1953
wat ywer betref, 'n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.
Afrikaans 1983
in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat ywer betref, 'n vervolger van die •kerk, wat •geregtigheid op grond van wetsbeoefening betref, onberispelik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Joodse godsdiens was vir my so belangrik dat ek die kerk van God wou verwoes. Ek het gedink God sal my vryspreek van my sonde, want ek het alles gedoen wat die wette sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In daardie tyd was ek so ernstig oor my Joodse godsdiens dat ek al wat Christen was, ywerig vervolg het. Ja-nee, volgens die Joodse wet het ek nie ’n voet verkeerd gesit nie.