Philippians 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar wat vir my wins was, dit het ek vir Christus skade geag.
Afrikaans (NLV) 2011
Alhoewel ek hierdie menslike dinge eers as ’n wins beskou het, beskou ek dit ter wille van Christus nou as ’n verlies.
Afrikaans 1933/1953
Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.
Afrikaans 1983
Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar alles wat vir my wins was, reken ek nou as verlies, ter wille van Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, ek het gedink al hierdie dinge is baie belangrik, maar ek het in Christus begin glo, en toe het ek besef dit alles beteken niks!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al dié dinge was eers vir my ook baie belangrik. Maar Christus het my oë laat oopgaan. Dit het glad geen waarde meer vir my nie. Ek het besef hoe dit ’n mens se aandag kan aftrek van wat regtig belangrik is, en dit is dat ek Christus Jesus as my Here leer ken het.