Philippians 4:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nie omdat ek 'n gawe begeer nie, maar ek begeer vrugte wat oorvloedig kan wees vir julle rekening.
Afrikaans (NLV) 2011
Nie dat ek ’n skenking soek nie; ek soek die resultaat daarvan: groter krediet op julle rekening!
Afrikaans 1933/1953
Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening.
Afrikaans 1983
Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is nie dat ek van julle 'n bydrae verlang nie; ek verlang eerder dat die opbrengs op julle belegging toenemend sal groei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar dit is nie vir my belangrik dat ek iets van julle ontvang nie. Dit is vir my belangrik dat julle die seën moet ontvang wat mense kry wanneer hulle vir ander mense iets gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Tog is die geld wat julle vir my gestuur het nie die belangrikste nie. Wat belangriker is, is dat God vir julle ook wonderlike dinge gaan teruggee omdat julle so goed vir my was.